A poem in my native tongue

(a 'blatantly' religious poem about the biggest sacrifice ever and the overall discomfort   associated with it and life)

Dit is die dief wat gee
die kind leer ANC
dit is die poef wat val
dis al

Dit is die sink plaat deel
van snot en goud verbeel
as nog die crime wil val
dis al

En gee 'n bietjie om
vir die orphan wat se tanne uit wil kom
krap nog 'n krummel brood
langs die tafel kwyn die hond van hongersnood

En positief..
hierdie status maak my negatief
en dit gee my baie ongerief
want die grafte vat die plek waar ek bou
aan my koninkryk
en dit wil vir my so baie lyk 
asof ek dit nie sal mis kan kyk
hierdie bloed is glad nie reinig gehou

Kan nie die hande deel
die kleur is nog te veel
al is ons al te kaal
dis al

Kan nie op liefde teer
is bloed dieselfde kleur
en wysheid nie dalk mal
dis al

Maar gee 'n bietjie om
vir die snotkop-kind vas aan die selfmoordbom
bewaar net eers die dier
wat die ware toegang is tot ons plesier

En positief
elke status maak my negatief
en nog steeds leef ek in ongerief
want die kayas vat die plek waar ek bou
aan my aftreegeld
want die koue skouer is my held
en ek dink terug aan my pa se beld
is die bloed dan tog nie meer werd as geld?

Al is die antwoord nee
die hart van om te gee
dit is die sonde val
dis al

dis bloed deurdrenkte leem
die kruis weer op te neem
die einde aan te val
dis al

En gee 'n bietie om
vir die dienaar wat wil vra om in te kom
en krap 'n krummel brood
vir die koning 
binne in die kind se nood

En Positief
is die uitwerking van negatief
op die vlees se baie ongerief
en die graf is wel die plek waar ek bou
aan sy koningkryk
want dit will vir my so baie lyk
of hy elke een nog wil bereik
met die bloed gestort vir my en vir jou
Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s